Die skoonmaakmiddels wat ons in die winkels koop bevat allerhande gevaarlike bestanddele. Seker van hierdie bestanddele kan in ons water beland en kan die ekologie benadeel.
’n Ander gevaar van hierdie middels is dat as hulle nie deeglik gebruik word nie kan die bakterie weerstand opbou teen die chemikalieë wat dan ’n “superbug” tot stand kan bring.
’n Omgewingsvriendelike ontsmetter kan maklik vervaardig word van bloekomolie en water. Dit is goedkoop en effektief.
Gebruik 35ml bloekomolie per liter water in ’n spuitbottel. Skud goed voor gebruik en gebruik as ’n ontsmettingsmiddel.
Bloekomolie is blykbaar in die verlede deur dokters gebruik om hulle instrumente te ontsmet, maar wees versigtig – onverdunde bloekomolie kan velirritasies veroorsaak.
Filed under: News



ek het gehoor jy kan bloekomolie gebruik om vlekke op klere te verwyder. Is dit so? en hoe moet dit gebruik word?