VRIENDE VAN SMITHFIELD – Innie-Tuin Musiek (Kuns) Fees

dscf3657_540x600

Die VRIENDE VAN SMITHFIELD (Wie’s dit? Elke Smithfielder wat jy ken!… en nog almal wat ons gaan bywen) gaan ‘n unieke innie-tuin (soos by Kirstenbosch innie-tuin) musiek (kuns as jy wil) -fees hou op 28 Maart!

Dis ‘n volledige “SEVENTIES SHOW” met ‘n IN-LEWENDE-LYWE ORKES in die buitelug op die plaas (Groningen) op ‘n heerlike herfsoggend (vanaf 10:30). Dan word daar  (á la Dallas van die ou dae) om die swembad gedans en geëet en saam gesmiffie… ook ten bate van Smithfield se Kindersorg.
Ons vra dat enigiemand of enige instansie wat belang stel om kosstalletjies te voorsien om piekniekmandjies, braaivleis, potjiekos  – net wat jy wil -  die oggend te verskaf, in verbinding tree met Izelle Smith (05562-2002) of Sibella Smith (05562-1803).

Kaartjies sal bespreek kan word. Verdere inligting sal verskaf word, maar hou asseblief 28 Maart oop vir hierdie heerlike Smithfield saamkuier…

Vir navrae, kontak Smiffie.

Leave a Reply