Tennis Nuus

Op Saterdag 8 November 2008, het die Tennisklub ‘n sosiale dag aangebied. Ons het lekker gespeel en lekker gesweet!! Daar was 26 spelers en elkeen het dit gate uit geniet. Die wenners by die mans was Hennie Terblanche eerste, Adriaan Lamprecht tweede en Pieter Jordaan derde. Die dames het Carina Lubbe gewen, Ester Brown tweede en Ilze Hattingh en Suzelle Vorster gesamentlik derde. Weereens baie geluk en ook baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het, ons waardeer julle belangstelling baie!

Die dag is op gepaste wyse met ‘n lekker “steak” braai afgesluit. Dankie aan elke lid wat gehelp het met die reëlings. Julle bydrae tot die klub word opreg waardeer.

Laastens ‘n woord van dank aan John Melville van CMW, wat die pryse vir die dag geborg het. John, baie dankie dat jy altyd bereid is om ons te help met pryse, ons het groot waardering vir jou!!

Ons wens almal ‘n baie geseënde kers-tyd toe, en hoop om julle almal volgende jaar by die tennis te sien!!  Geniet die vakansie en kom veilig terug.

Leave a Reply