Die Van Aswegens het 12 jaar gelede na Smithfield gekom en die Vleismark gekoop.
Christine se belangstelling strek egter verder as net vleis en biltong maak. Gedurende besigheidsure bedien sy die publiek met al hulle grille en giere en wanneer sy ná ure op Humansrus kom, bak en brou sy tot laat nag om die volgende dag haar gewilde beskuitjies en gebottel op haar rakke te laat pryk! Dit wil gedoen word!
Soos een van haar geliefde kliënte van haar sê: “Sy het ’n lekker sin vir humor, is ontvanklik vir nuwe idees, en is die mees toonaangewende entrepreneur in Smith-field”.
Die besigheid is nie net ’n slaghuis nie maar ’n “meeting and greeting place”.
Voorwaar ’n voortreflike vrou!
Filed under: Uncategorized



